Hendrik M. Goudappel  reader  over de urbanistiek en planologie
233 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Hendrik M. Goudappel 'reader' over de urbanistiek en planologie , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
233 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Hierdie bundel bevat 14 van Goudappel se belangrikste publikasies oor die Urbanistiek soos wat dit in Nederlands (13) of Engels (1) verskyn het. Samesteller is prof Das Steÿn van die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein en voormalige voorsitter van die departement Stads- en Streekbeplanning en tans redakteur van Stads- en Streekbeplanning. Hy doen in jaar 1983 navorsing (“research”) oor Inspraak onder Goudappel se leiding aan Eindhoven en verwerf ’n PhD aan die UOVS met titel “Publieke deelname as ’n kulturele determinant in beplanning binne die denkkader van die urbanistiekkonsep”. Hy vind die urbanistiekkonsep handig en kreatief by probleem oplossing en het dit die laaste 25 jaar gebruik in sy navorsing asook om te doseer as deel van beplanningsteorie aan die Vrystaatse Universiteit se nagraadse opleiding vir beplanners.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 mars 2010
Nombre de lectures 0
EAN13 9781928424802
Langue English
Poids de l'ouvrage 15 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

HendrikGoudappel ‘reader’ M. over deurbanistiek en planologie
Das Steÿn (J.J.) (red.)
Hendrik M. Goudappel ‘reader’over de urbanistiek en planologie
Das Steÿn (J.J.) (red.)
Hendrik M. Goudappel ‘reader’ over de urbanistiek en planologie
Published by SunBonani Scholar, an imprint of Sun Media Bloemfontein in cooperation with NIROV All rights reserved
Copyright © 2009 Sun Media Bloemfontein Permission for the reproduction of the articles that appeared inStedebouw en Volkshuisvestingwas kindly provided by Jan Kadijk from NIROV Permission for the reproduction of the material that was published by the Technische Hogeschool Eindhoven (THO) was kindly provided by Stefan Osinski from TUE Permission for the reproduction of the article published by the Staatsuitgewerij, ‘s-Gravenhage was kindly provided by Petra Eggermont from SDU. Permission for the reproduction of the photograph on page 49 was kindly provided by Jon Kuiper, Kampen (Holland). No part of this book may be reproduced or transmitted in any form or by any electronic, photographic or mechanical means, including photocopying and recording on record, tape or laser disk, on microfilm, via the Internet, by e-mail, or by any other information storage and retrieval system, without prior written permission from the publisher.
First edition 2009 ISBN 978-1-920383-02-2 | e-ISBN 978-1-928424-80-2 DOI: https://doi.org/10.18820/9781928424802 Cover design by Andrew Barclay Page layout, design and production by Sun Media Bloemfontein Designed in Adobe Indesign CS4 Set in 9/10.8 pt Euphemia UCAS
This printed copy can be ordered directly from: media@sunbonani.co.za The e-book is available at the following link: https://doi.org/10.18820/9781928424802
Inhoud
Voorwoord Inleiding Modellen in de urbanistiek
Handelen in onzekerheid Urbanistiek - een ander perspektief voor planologie en stedebouwkunde 50 jaar planologie
Ruimtelijke voorraad en ruimtelijke kwaliteit
Urbanistiek: Een inleiding
Het opleidingsmodel planning/urbanistiek
Kanttekeningen bij het urbanistiekkonsept Bouwkunde-Techniek: Urbanistiek: bestand tegen ‘onderhandelen’? Ruimtelijke planning in de onzekerheid van de jaren tachtig
Nogmaals: de urbanistiek
Urbanistiek als spel en als instrument
Urbanistics: a way to a new understanding of man’s relationship with the environment De jaren 1958-1974: Tussen maakbaarheid en onzekerheid Bylaag A: H.M. Goudappel CV
Bibliografie
i 1 14 20 50 59 71 83 94 97 103 121 189 198 205 212 221 225
Met dank aan die UOVS en my voorgangers Wallace van Zyl en Wim Botha wat my navorsing in Nederland moontlik gemaak het.
Das Steÿn
Voorwoord
In die jaar 1982 ontmoet ek vir professor Henk Goudappel vir die eerste keer om reëlings te tref om vir die jaar 1983 aan die destydse Technische Hogeschool Eindhoven te gaan navorsing doen vir ’n PhD in Stads- en Streekbeplanning oor publieke deelname (inspraak) in beplanning. Die onderhandeling slaag en in Eindhoven sou ek veel meer leer as wat aanvanklik die gedagte was.
Vanaf Januarie 1983 is ’n weeklikse staande afspraak met Henk gehou oor my navorsing en woon ek ook enkele vakke se klasse by, onder andere dié van Henk Goudappel oor die Urbanistiek en van prof. Egbert Schuurman oor die filosofie van die tegniek. In die eerste weke oortuig Goudappel my dat my idee van ’n matriks saam te stel wat publieke deelname prosesse en die skaal van sodanige prosesse vaspen sinneloos is want dit is meer as net ’n verwantskap van omvang en tegniek.
Ek maak kennis met die Urbanistiekkonsep van Goudappel waar die menslike denke op drie vlakke naamlik die Infrastruktuur (die konkrete werklikheid), die Superstruktuur (die prosesse) en die Ideostruktuur (die idee of denkbeelde) saamgevoeg is. Binne die vakgroep Urbanistiek merk ek gou dat verskillende lewens- en wêreldbeskouings lei tot verskillende benaderings om probleme op te los. Die botsing tussen neo-Marxiste, kapitaliste en strukturaliste binne die vakgroep kan Henk goed hanteer want hy is by magte om die onderliggende spanning te ontlont en die vakgroep gefokus te hou.
Die jaar 1983 word vir my meer as net navorsing oor inspraak, dit word die ontdekking van die verweefdheid van die menslike waardesisteem met teoretiese denke asook die praktiese werklikheid waarin dit plaasvind. Die jaar word dan ook die vaslegging van my eie waardesisteem op ’n wetenskaplike basis, die keuse van stedelike inspraakteorieë om by eersgenoemde aan te pas en die toepassing daarvan in die werklikheid.
Henk Goudappel (1987)
i
— Hendrik M. Goudappel ‘reader’ over de urbanistiek en planologie —
Henk leer my ook veel meer as net die Urbanistiek. Ek maak kennis met die werking van die Nederlandse samelewing, sy letterkunde en die diepte van sy akademiese navorsing. Tussen die leeswerk is onder andere dieMetabletica (1969),Gedane Zaken (1977) en ander werke van prof. dr J.H. van den Berg wat die veranderinge in die grondliggende denkpatrone van 1 die Westerse kultuur beskryf”.
Die diepte en die breedte van Goudappel se kennis is miskien die heel beste te sien in die publikasie van die Rijksplanologische Dienst van Goudappel (1981) seRuimtelijke planning in de onzekerheid van de jaren tachtigis hy nie net meer besig om die. Hier urbanistiek uit te lê en om die menslike denke binne konteks te verstaan nie maar om te worstel met die begrip van tyd. As hy iets nie geweet het nie het hy dit bygeleer en solank ek hom ken is hy ’n ywerige student besig om nuwe dinge te leer hetsy in die veld van die Antroposofiese Geesteswetenskappe, die leer van nuwe rekenaarprogrammatuur of om die harp te bemeester. Ek het een week vir hom ’n stuk gegee met 2 verwysing na die Wysbegeerte van die Wetsidee, die volgende week het Henk die bronne deurgewerk en gewys op enkele denkfoute in my geskrewe stuk.
In 1985/86 in die gees van afskaling in die “no Goudappel skets oor die verweefdheid van die mens nonsense” politiek van Lubbers en die wêreldwye liberalisering van die samelewing, word aan Nederlandse universiteite byna een uit elke drie departemente/vakgroepe opgehef of saamgesmelt in ’n poging om die hoëronderwys meer bekostigbaar te maak in die lig van die krimping in studente getalle. Hierdeur word die vakgroep Urbanistiek ontbind en gaan Henk Goudappel in 1986 op vroeë pensioen (VUT). Henk se invloed in die akademiese wêreld is te bespeur in die aantal proefskrifte waar hy as studieleier of eksaminator opgetree het. Hieronder is bekende persone soos prof. Henk Voogd en dr Kees Doevendans. ’n Herwaardering van Goudappel aan die Technische Universiteit van Eindhoven, afdeling Bouwkunde vind plaas op 9 Desember 1999 met ’n Goudappel-simposium om ’n terugblik maar ook ’n vooruitblik te kry van hierdie oorspronklike Eindhovense vakgebied.
Vir die Nederlandse “planning” sou die afskaling ’n groot terugslag wees want die Urbanistiek was een van die min eiesoortige maar ook holistiese beskouings oor ruimtelike ordening. Die uitbou van die gedagte wêreld van Goudappel in die era van besuiniging, privatisering en “no nonsense” was van die tafel gevee. Henk lewer nog in Bloemfontein die hoofvoordrag in 1991 by die Suid-Afrikaanse Instituut van Stads- en Streekbeplanning se 3 tweejaarlikse kongres oor “The unexpected futuresou hom in die jare na aftrede meer besig hou met die” maar soeke van sin en die verstaan van die mens.
Goudappel se bydrae in terme van geskrewe stukke oor die Urbanistiek is te vinde in sy gepubliseerde artikels (meestal in Nederlands) en in meestal ongepubliseerde voordragte by vak- en verwante kongresse 4 of werkswinkels . Tog kan die geskrewe woord nooit die werklike Goudappel verteenwoordig nie. Dit is ’n weerspieëling van die werklikheid, maar nie die werklikheid nie. Sy kreatiewe manier van klas gee, voordragte
1
2
3 4
ii
Van Niekerk, A. 1992(69) in sy hoofstuk Twee Nederlanders waar hy gaan kers opsteek het om Suid-Afrika se probleme te verstaan en te kan aanspreek. Die verwysing was na Kalsbeek se boekDe Wijsbegeerte der Wetsideewat as ’n inleiding tot Dooyeweerd se sistematiese uitbouing van die “Calvinistiese Wysbegeerte” dien. SA Instituut vir Stads- en Streekbeplanning se Tweejaarlikse Konferensie te Bloemfontein van 15-17 Oktober 1990. Hierdie reeks oor Goudappel se werke sal heel moontlik in die toekoms ook ’n bundel van hierdie minder bekende maar soms meer ontwikkelde idees oor die Urbanistiek bevat wat nie verlore mag gaan nie.
hou en net mooi iets vinnig illustratief verduidelik, kan nie vasgevat word in ’n bundel met sy werke nie. Geen wonder dat “de bondsvoorsitter van de ANWB, ir. F.H. van der Linde van Sprankhuizen, leidt de ANWB-Verkeersleergang in 1966 in met de treffende uitspraak “Wat een tienerfeest is zonder The Beatles en Oudjaar zonder Wim Kan, is een Verkeersleergang 5 zonder Goudappel”. Meestal het hierdie kleurvolle tekeninge wat hy tydens die voordragte met viltpenne teken vir die oorhoofse projektor verlore gegaan.
Omdat dit moeilik is in Suid-Afrika om die Nederlandse teks na te gaan vir spel en taalfoute weens die nabyheid van die Nederlands en Afrikaans (“Zuid-Afrikaans”) is besluit om die oorspronklike tekste te druk sodat dit vir ’n volgende geslag Nederlandse planoloë/planners beskikbaar kan wees. Ook so vir die honderde studente in stadsbeplanning wat aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat vanaf 1984 gestudeer het wat met Goudappel se werke kennis gemaak het en meer daarvan wil weet.
5
Dassteÿn(J.J.) Bloemfontein, Suid-Afrika
Goudappel Coffeng B V (Deventer) 1999:9.
— Voorwoord
Skets van Goudappel: The unexpected future
iii
— Hendrik M. Goudappel ‘reader’ over de urbanistiek en planologie —
Die urbanistiek in Sjinees (Tydens besoek aan Sjina in 1980’s deur Goudappel en studente saamgestel)
iv
  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents