Moord en ander speletjies
130 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Moord en ander speletjies , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
130 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Daar skort iets met Cronje se kollega en vriend Richard Roux, hy tree geruime tyd al geheimsinnig op.
Op aandrang van hul bevelvoerder, moet hulle die gesiene Regter Taljaard se verjaardagviering bywoon.
Die Regter word vermoor en Cronje ontdek dat hy die heeltyd ’n buitestaander in ’n kat en muis speletjie is.
Omdat Roux die hoofverdagte is, moet Cronje noodgedwonge terugstaan, terwyl Jan Visagie, ’n onbeholpe speurder, die ondersoek in ’n verkeerde rigting dwing.
Nuwe bewyse kom aan die lig, en Cronje besluit om sake in eie hande te neem. Hierdie besluit verander die koers van sy loopbaan en sy vriendskap met Roux.
Met soveel op die spel moet die enigmatiese speurder Cronje nie net fyntrap nie, maar ook sy persoonlike gevoelens eenkant skuif, anders kan die skuldige wegkom met moord...

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 21 juin 2022
Nombre de lectures 0
EAN13 9780639718095
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0450€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Corlie Putter


Moord en ander speletjies
Kopiereg © 2022 Corlie Putter
Eerste uitgawe 2022 Corlie Putter
Print ISBN 978-0-6397-1230-7
eISBN: 978-0-6397-1809-5
Alle regte voorbehou
Geen gedeelte van hierdie werk mag gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, fotografies of meganies, insluitend fotokopiëring en opnames op plaat, band of laserskyf, op mikrofilm, via die Internet, per e-pos of per enige ander stelsel vir stoor of herwin van inligting, sonder vooraf skriftelike toestemming van die eienaar van die outeursreg nie.
Omslagontwerp deur Mindi Flemming
Gedrukte weergawe:
Setwerk deur Newly Media (Pty) Ltd. www.newlymedia.co.za
Gedruk- en bind in Suid-Afrika deur Print on Demand (Pty) Ltd.
www.printondemand.co.za
.
1.
(Hede)
Cronje kyk weg toe Visagie die boeie om beide die polse van die jong vooruitstrewende aktiewe forensiese patoloog (AFP) slaan.
Dít het hy nooit verwag nie. Roux, is skuldig aan moord!
Hy sal sy kollega se selfoon aan Visagie moet oorhandig, en daar by ook erken dít wat hy self gedoen het. Daar is nou geen ander keuse nie.
Hy skud sy kop.
Hy moes nooit daardie oproep gemaak het nie. Buiten dat dit protokol breek, gee dit Visagie ammunisie teen hom. Hy is nie seker hoe hy homself uit diè moeilikheid gaan kry nie.
Die einste Visagie onderbreek sy gedagtegang. “Ek het die stasie gebel. Hulle stuur ‘n vangwa.” Visagie beduie weer na die houthuis.
“Ek wil Roux onder almal se oë uithou. Hy kan daár binne wag tot die vangwa opdaag. Ek sal die nuus intussen aan die Taljaards gaan deurgee.”
Hy kyk Cronje amper jammerlik aan.
“Dit voel dalk nie so nie, maar jy het die regte ding gedoen my ou.”
Cronje ignoreer Visagie. Hy kyk oor sy skouer na waar Roux, sy kollega en vriend geboei staan.
Die regte ding het nog nooit so verkeerd gevoel nie.


2.
(‘n Halfuur voor aanvang van die partytjie.)
Regter Taljaard sit in sy studeerkamer met sy selfoon teen sy oor.
Met sy wysvinger tik hy ritmies op die tafelblad voor hom terwyl hy luister.
“Nee!..Onder geen omstandighede nie..” sê hy streng.
Die stem aan die anderkant van die lyn kom nou dreigend oor. Die erns van die situasie word weereens herhaal.
Die regter maak sy keel skoon, voor hy die gesprek voortsit.. “Ek verstaan jou frustrasie meneer Roux. Maar ek, nee, ons het meer tyd nodig. Ek wil nie weer hierdie gesprek hê voor ék voel ek is gereed nie.. En jy moet ophou om my so gereeld te kontak. Daar is te veel op. ”
Die lyn gaan meteens dood. “Hallo?. Meneer Roux?”
Regter Taljaard bêre sy selfoon in sy broeksak, en skud sy kop bekommerd.
Hy tel die vel papier wat voor hom op sy lessenaar lê op, en vir die soveelste keer lees hy daardeur.
Daarna kyk op na die muurhorlosie. Dit is 18:30.
Hy gee ‘n diep sug, en staan traag op.
Hy is nie lus vir die vervlakste partytjie vanaand nie.
Elke jaar is dit dieselfde storie. Sy enigste wens vir sy verjaarsdag is ‘n rustige aand saam met sy gesin. Maar elke jaar dring Jenna daarop aan om iets buitensporig te reël. Laas-jaar was dit ‘n vaart op ‘n luukse seiljag na die kus van Mosambiek. Buiten die feit dat hy die hele vaart soontoe en terug seesiek was, het die muskiete hom amper lewendig opgevreet. Om nie eers te praat van die soutwater-krokodille wat konstant om hul seiljag rondgehang het nie. Drie jaar gelede was dit ‘n toer van drie nagte, deur die Namib woestyn. Ten minste word hiérdie jaar se gedoente tuis gehou.
Hy loop by die studeerkamer uit en al met die gang langs.
“Nothing big, dear.” Het sy vrou belowe. “Just a dress up and who’s done it party. You don’t have to worry about anything. I managed to find a party planner who will take care of everything. All you will have to do is lie down on the floor and play dead. O, it’s going to be so much fun!!”
Regter Taljaard skud sy kop.
Jenna. Die liefde van sy lewe. Sy Engelse Roos. Sy blinde Engelse Roos.
Hy het haar ontmoet toe hy een vakansie by sy neef op Worcester gaan kuier het. Sy was in haar matriekjaar. ‘n Leerling verbonde aan die Skool vir Blindes, en hy ‘n eerstejaarstudent by Stellenbosch.
“Well, I can’t say it was love at first sight for me..” spot sy altyd. Maar vir hom was dit so.
Sy was beeldskoon.
Maar dit was haar onblusbare liefde vir die lewe, ten spyte van haar gebrek, wat haar so onweerstaanbaar gemaak het.
Sy het sy lewe kom inkleur met haar drome. Sy eentonige dae gevul met haar mooi lag.
Hulle is nou al byna 47 jaar lank getroud en hy het haar nog meer lief as die dag toe hul besluit het om hulle lewenspad saam aan te pak.
“Pa..” praat Jean hul enigste kind skielik agter hom in die gang. Hy probeer sy skrik wegsteek.
“Ma sê pa moet onthou om die regte pak klere aan te trek.”
“Vir wat kan ek nie net in my eie pajamas op die grond lê nie? Moet dit nou juis in ‘n verdekselse gehuurde pikkewyn-pak wees?”
Sy seun gluur hom woordloos aan.
“Het jy die pak gesien? Nogal ewe ‘n kamstige bloedkol op die spierwitte hemp. Kan ons nie maar net eerder van hierdie moord-speletjie-affêre vergeet nie. Ek wil regtig nie my verjaardag op die vloer deurbring nie.”
Jean glimlag vir sy pa se gemompel en die regter voel hoe sy gemoed effe lig.
“Pa weet nog nie die helfte nie. Sy het kaptein Griesel oorreed om speurder Cronje en die AFP (aktiewe forensiese patoloog) Righard Roux tyd af te gee sodat hul nie net as konsultante vir die gaste kan optree nie, maar ook kan kyk of hulle die moord voor die gaste kan oplos.”
“Jy grap seker!?”
Regter Taljaard en die bevelvoerder van die Somerset Wes polisie, kaptein Griesel, is al jare lank goeie kennisse. Alhoewel hulle nie huis-vriende is nie, is die twee mans gebind deur hul professionele kapasiteit. Per geleentheid ontmoet hul ook by die gholfbaan. Gewoonlik by een of ander fondsinsameling ten bate van een of ander saak.
Die regter het die wêreld se respek vir die streng bevelvoerder. Hy werk hard. En deesdae is hulle meer as gewoonlik in kontak met mekaar.
Waar ander bevelvoerders neig om van agter toe kantoordeure hul eenhede te lei, raak kaptein Griesel betrokke. Hy ken die name van elke lid wat onder sy bevel staan. Hy ry gereeld uit na misdaad-tonele, gee raad, help met die ondervragings en bly op hoogte van alle verwikkeling aangaande ondersoeke.
Hy dink egter nie veel van speurder Cronje nie, hy glo die bombastiese speurder se sukses is meestal te danke aan Griesel se leierskap.
En dan was daar die destydse tragiese gebeure. Die blaam daarvoor lê hy steeds voor die voete van speurder Cronje.
Sy seun beduie na die binnehuise swembad aan die einde van die gang. Hy probeer lighartig klink. “Gaan pa gou pa se daaglikse lengtes swem, voor pa die spreekwoordelike emmer moet skop?”
Regter Taljaard knik, kyk sy seun nou ondersoekend aan. “Oor vroeër.. Jean, ek...”
“Ek wil nie nou daaroor praat nie pa! Kom ons los dit eerder.
Laat ons maar eers net vanaand agter die rug kry.”
Hy stap aan maar steek dan skielik vas. “Weet net een ding pa… Pa gaan nog bitter spyt wees daaroor. Bitter spyt.”
Met die omdraai-slag loop hy amper hul huishulp onderstebo. “Karin.” sê hy voor hy omdraai en wegstap.
Die regter en huishulp kyk na mekaar.
Dit is nie die eerste keer dat sy die onderliggende spanning tussen pa en seun waarneem nie.
Maar sy maak vir die regter se onthalwe asof sy niks gesien of gehoor het nie.
“Verskoon tog, u Edele, ek wou net kom hoor hoe laat ek die deur na die swembad kan sluit? Mevrou Taljaard wil die vertrek tydens die partytjie eerder gesluit hou.”
Die regter sug.
“Sê jý vir daardie liewe vrou van my as sy my nie toelaat om eers in rus en vrede klaar te swem nie, daar dalk ‘n regte moord in hierdie huis gaan wees… En dit gaan nie myne wees nie.”
Die huishulp glimlag vriendelik.
“Sy wil maar net seker maak dat alles vlot verloop. Volgens Lushé,..” en sy mimiek die aangestelde partytjie organiseerder se oordadige handgebare amper perfek na. “..het ook daarop aangedring.”
Die regter vergeet vir ‘n oomblik van die aakligheid wat tussen hom en Jean aan die gang is.
Hy wend self ‘n poging aan om die dramaturg, Lushé, te na- aap. Laat sy een pols slap hang en gooi sy nie bestaande lang hare met sy ander hand oor sy skouer.
Karin, lag lekker. Sy is dol oor hierdie sy van die regter se persoonlikheid.
“Og, hierdie partytjie gaan een vir die books wees hoor!” spot hy. “Julle het geen idee hoé gelukkig julle is om mý aan die stuur van dinge te hê nie. Ek wou dit eers nie aanvat nie, my dagboek is reeds so vol. Maar toe ek hoor die partytjie word beplan vir ‘n regter, toe sê ek vir myself Lushé. Maak tyd! Hierdie partytjie gaan jou reputasie laat skyrocket girl . Nie dat ek nie reeds in aanvraag is nie hoor.”
Karin proes van die lag.
“U is ‘n man van vele talente. As u loopbaan as regter nie uitwerk nie kan u altyd toneelspel oorweeg.”
Regter Taljaard lig ‘n vinger na haar, en skerts saam.
“Ten minste is daar iemand in hierdie huishouding wat my talente raaksien!”
Sy opmerking laat haar bloos.
Karin werk net so duskant ‘n jaar vir die Taljaard gesin.
Hul vorige huishulp moes as gevolg van siekte op vroeë pensioen gaan, en Jenna was eers nie seker oor die jong vrou se aanstelling nie.
“Dit sit nie in almal se broekspype om saam met ‘n blinde vrou dag in en dag uit te leef nie, Ren.” het sy geredeneer.
“Vertel jy my!” het hy gespot.
Anders as Jenna, was hy met die eerste ontmoeting reeds oortuig dat Karin die regte persoon vir die werk was.
Sy was netjies op haarself.
Haar gitswart hare was in ‘n kort bob-styl gesny.
Sy het hom aandagtig dop gehou die dag tydens haar onderhoud. Hy kon sweer haar skerp groen oë het niks gemis nie. Nog voor Jenna by hul aangesluit het, het die jong vrou gevra of daa

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents