Moord en Ander Gaste
148 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
148 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Speurder Cronje word versoek om die skynbare selfdood van ’n bekende sitrusboer te ondersoek.
Die oorledene se vrou is oortuig haar man is vermoor. Dit neem Cronje nie lank om haar vermoede te bevestig die. Daar is heelwat
verdagtes, en om die skuldige vas te trek, raak ’n groot uitdaging.
Die ondersoek sleur.
Die eienaars van die gastehuis, waar die moord gepleeg is, tree uiters vreemd op. Selfs die weduwee het ’n twyfelagtige verlede. Boonop
sukkel Cronje om met die ywerige en onervare patoloog, Richard Roux oor die weg te kom.
In dié tweede boek beleef die enigmatiese Konstantyn Cronje vele frustrasies. Hy, wat Cronje is, verkies om op sy eie te werk.
En só raak hy byna self ’n slagoffer…

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 20 janvier 2022
Nombre de lectures 0
EAN13 9780620988537
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0450€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Corlie Putter


Moord en ander gaste
Kopiereg © 2021 Corlie Putter
Eerste uitgawe 2018 Anna Emm (Pty) Ltd.
Tweede uitgawe 2021 Corlie Putter
ISBN 978-0-620-96978-9
. EISBN: 978-0-620-98853-9
Alle regte voorbehou
Geen gedeelte van hierdie werk mag gereproduseer of oorgedra word in enige vorm of op enige manier, hetsy elektronies, fotografies of meganies, insluitend fotokopiëring en
opnames op plaat, band of laserskyf, op mikrofilm, via die Internet, per e-pos of per enige ander stelsel vir stoor of herwin van inligting, sonder vooraf skriftelike toestemming van die eienaar van die outeursreg nie.
Omslagontwerp deur Mindi Flemming
Setwerk deur Texture Publishing (Pty) Ltd. www.texturepub.com
Gedruk- en bind in Suid-Afrika deur Print on Demand (Pty) Ltd. www.printondemand.co.za






1.
Miertjie sien hom al weer daar op die balkon staan. Sy beker koffie halfpad gelig na sy mond toe. Só, staan hy deesdae, heeltemal té gereeld. Verstar en diep in gedagte.
Sy skud haar kop en loop met die kommetjie waswater verby hom na die kombuis toe.
“Ek sien vir jou Asyn. Jy staan alweer en dink aan daardie vroumens.”
Dis asof hy effens skrik. Hy het haar nie eers raak gesien nie. Verleë neem hy vinnig ’n sluk van die koffie. Trek ’n gesig toe hy proe dis reeds koud. Hy sug.
“Ek dink maar net, ek is bly dinge het vir Suzaan uitgewerk.”
“Oo, so dit is hoe iemand lyk as homse beker oorloop van blydskap en geluk…”
Hy besluit om haar sarkasme te ignoreer, loer na die res van die koue bitter swart vloeistof in sy beker. Ongeërg skiet hy dit met ’n geoefende hand oor die balkon. Dit land soos altyd onder op Miertjie se pot met haar spog Petunias.
“MAAR MY!… ” raas sy oudergewoonte, maar dan lui sy selfoon.
Hy antwoord vinnig.
“Konstantyn.”
Terwyl die persoon aan die anderkant praat sien Miertjie die verandering in hom plaasvind. Na al die jare, fassineer dit haar nog steeds. Die blik in daardie ysblou oë verskerp meteens. Sy reeds reusagtige gestalte verander. Hy lyk nog groter, nog meer intimiderend. Daar is ’n bykans tasbare afwagting wat aan hom kom kleef. Hy is onmiddelik gefokus, onwrikbaar gereed vir die taak voor hande.
“Ek is nog by my huis in die Strand, whatsapp my die adres. Ek ry dadelik.”
Sy sug. Hy het belowe om voor slaaptyd nog te help dat hulle die matras in die haar kamer bietjie omkeer. Die dokters het aanbeveel dat hulle dit maar meer gereeld begin doen. In die ou dae sou sy die taak self aangevat het, maar deesdae met die jig… Dit is asof hy haar gedagtes lees.
“Miertjie, ek belowe, ek doen dit sodra ek terug is.” Deernis in sy stemtoon.
Sy knik goedig.
Met sy motorsleutels reeds in die hand knipoog hy vir haar voor hy ’n soen op haar wang kom plak.
“Klink na ’n vinnige open and shut case. Selfmoord. Hul het net bevestiging nodig vir die rekords. Die oorledene se vrou het spesifiek na my gevra. Vreemd, want dit is ver uit, Weskus op. Maar nou ja. Kaptein Griesel het gesê hy sal my stuur. Moenie vir my opwag vanaand nie. Dit is ’n ver pad om heen en weer te ry. Ek sal seker eers weer môre oggend êrens terug wees.”
Sy luister na die bekende geluid van sy motor wat haastig by die hek uitry. Saam met dit, kom lê die bekommernis oor sy veiligheid oudergewoonte weer in haar binneste. Hy mag dalk Konstantyn Cronje, bo-baas speurder wees, maar vir haar sal hy altyd klein Asyn, haar aanneem-kind bly.


2.
Groot Geheim privaat reservaat is geleë so plus minus ’n 100 kilometer kus langs op, verby Stompneus baai in die rigting van St. Helena baai. Dit bestaan uit ’n hele paar hektaar inheemse plant spesies en beskermde wild. Die omgewing is nog ongeskonde deur mense hande. Die grondpad waarlangs Konstantyn die motor nou stuur is rowwe terrein. Beide kante van die pad is dig bebos. ’n Verskeidenheid skakerings van groen strek so ver soos die oog kan sien.
Moedernatuur het na die onlangse uitmergelende droogte weer haar kop opgelig en begin pronk. Dié deel van die kuslyn is ook perlemoen, snoek en stompneus-vis wêreld. Die enorme opstal wat nou teen die laat-aand lig in sig kom is duidelik met klippe vanuit die omgewing gebou. As dit die idee was om die struktuur saam met die omgewing te laat insmelt, is daar met groot sukses in dié doel geslaag.
Groot Geheim is sowaar ’n stukkie versteekte paradys.
By die hekke wuif die sekuriteitswag hom gretig in. Verder af met die grondpad, net duskant die gastehuis, staan nog twee geboue. Een, kleiner en wat lyk na ’n privaat woning. Moontlik die eienaars wat apart van die gastehuis woon. Die ander ’n lang gebou met vier of vyf deure. Enkelkwartiere vir van die personeel.
Langs die gastehuis sien Konstantyn die blou ligte van die polisiewa flits. Duskant die polisiewa merk hy ook die lykswa. Die agterdeure staan oop.
Die aktiewe forensiese patoloog klim gebukkend by die agterdeure uit. Konstantyn herken sy gesig. Die mannetjies is net eergister by hulle afdeling aangestel. ’n Nuweling. Nog nat agter die ore.
’n Aktiewe forensiese patoloog hanteer nie net die forensiese aspekte nie, maar kan ook aktief betrokke wees in die veld tydens die ondersoek. Nie dat enige van die ander aktiewe forensiese patoloë ooit uit eie keuse aanbied om Cronje by te staan nie. Hulle bly eerder uit sy pad. Maar dit pas die speurder so. Hy verkies nog altyd om alleen te werk. Cronje wonder hoekom kaptein Griesel die nuweling ook al die pad van Somerset Wes gestuur het?
Die jong man begin met van die konstabels wat rond staan gesels. Hy het reeds sy rubber-handskoene uitgetrek en is nou besig om dit op te frommel in sy wit oorjas se sak te druk. Hy is lank en bleek.
Asof hy te veel tyd onder binne beligting in plaas van sonlig spandeer.
Aan sy houding blyk dit asof sy taak hier reeds afgehandel is.
Konstantyn vererg hom bloedig.
Jaag die laaste paar meter onnodig vinnig tot langs die lykswa.
Hy rem te hard en te skielik.
Veroorsaak ’n onnodige stofwolk wat sy aankoms aankondig.
Skakel die motor af en begin reeds met die uitklim-slag die nuwe aktiewe forensiese patoloog uittrap.
“Tipies! Seker klaar die lyk van die toneel af verwyder? Hoeveel keer moet ek sê WAG! WAG TOT EK OPGEDAAG EN SELF DIE TONEEL DEUR KYK HET! Wat is jou naam mannetjie?”
Toe die stomme man hom met ’n verslae stilte aanstaar, beduie hy na die lykswa.
“Wie het gesê jy kan die liggaam verwyder?!”
Die konstabels wat net rond staan, maak hulself nou vinnig uit die voete.
Konstantyn stamp amper die jong man onderstebo toe hy agter by die oop deure van die lykswa inkyk.
Die bedtrollie staan leeg en gereed.
In plaas van verskoning vra, draai hy terug na die jong man toe.
“Die toneel?” blaf hy. Maar iets in die agtergrond trek die patoloog se aandag. Hy lig ’n lang maer wysvinger en beduie terug oor Konstantyn se skouer.
“Hier kom die eienaars…”
Reeds met die eerste oogopslag tel Konstantyn die onderliggende wantroue tussen die paartjie op.
Hulle loop in gelid. Klou aanmekaar vas asof die een nie die ander ’n tree vooruit gun nie. Mens kry sulke paartjies.
Dit is asof dié een nie sonder die ander kan oorleef nie. Dit is ’n vreemde gedragspatroon en konsep wat Cronje nog nooit kon verstaan nie. Volgens hom doen hierdie tipe afhanklikheid van mekaar net afbreek aan jou eie selfvertroue. Nietemin is sy waarneming hiervan wat van hom so ’n goeie speurder maak.
Hy is nog altyd oplettend.
En oor die jare het hy sy besondere fyn waarnemingsvermoë verder ontwikkel.
Hy kon tot onlangs toe, altyd die wolf tussen die skape uitgeken het.
Maar toe kruis hy en Suzaan Louw se paaie.
Huisvrou en weduwee van Somerset Wes. Sý het hom op sy neus laat kyk. Sy selfvertroue ’n knak gegee. Jare se ondervinding in die speurdiens het hom, in haar geval, niks gebaat nie. Hy het hard vir haar geval, en daar was selfs ’n kans vir geluk. Maar ongelukkig was die noodlot nie aan sy kant nie. En nou, selfs maande later dink hy nog steeds aan haar. Sy hart was gebreek. Maar Miertjie was gelukkig daar om toe te sien dat die seerplekke en twyfel wat Suzaan agter gelaat het nie té veel van ’n vatplek kry nie.
Haar uitkyk op die lewe, hoe eienaardig ook al, help hom baie om dinge weer in perspektief te sien.
“Maar my Asyn! Hoeveel keer moet ek nou nog vir jou sê, hierdie is nie die hemel nie my kind… Dis nie net van kry jou wit vlerkies en daar gaan jy nie. Ons is hier om foute te maak. Baie te ly. Lesse te leer. So ruk vir jou reg! Fokus op jou talente. Vergeet van wat kon gewees het. Skelms vang is deel van wie jy is. As jy so bly sit en treur, gaan jy net verlep.
*
Die fris man steek eerste sy hand na hom toe uit.
“Benjors van Staden, maar jy kan my maar sommer Ben óf Jors óf van Staden noem. Almal doen dit.”
Konstantyn merk dat sy uitgestrekte hand verbind is.
Die besering moes baie onlangs ongedoen gewees het.
Vars bloed sypel nog deur, ten spyte van die dik verband.
Toe Ben of Jors of van Staden besef dat Konstantyn na die beseerde hand kyk, druk hy dit vinnig in sy broeksak in. Glimlag verleë.
“Ag verskoon tog! Ek het my hand vroeëer vanaand gesny. Is maar deel van baas oor jou eie plaas wees. As daar iets gebreek het moet jy maar self inspring en regmaak, of hoe?”
Konstantyn maak geen poging om die man te groet of te antwoord nie. Inteendeel stel hy homself nie eers voor as die speurder wat spesiaal ingeroep is na die ondersoek nie.
Hy is nie daar om praatjies aan te knoop nie. Hy wil die liggaam en toneel onder oë kry. Seker maak dat daar nie verdagte omstandighede is nie. Hy wil so gou as moontlik weer die lang pad terug aanpak.
Die vrou sukkel om haar aandag van die onpaar gekleurde sokkies wat Konstantyn oudergewoonte aangetrek het, weg te skeur. Terwyl haar blik herhaaldelik terug na sy skoene dwaal, stel sy haarse

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents