Minki se boekedag
38 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
38 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Lara se danseksamen is om die draai. Sy oefen al weke lank vir die groot dag! Minki en Natalie kan nie wag om haar in aksie te sien op die verhoog nie.
Maar dan loop dinge onverwags skeef, en Lara se dansdrome is – vir eers – daarmee heen. Minki en Natalie weet nie hoe om hulle beste maat op te beur nie.
Maar een van Minki se gunstelingboeke gee haar ’n plan …

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 mai 2022
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776251261
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0255€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
Moles met ’n groen monster
Dit is ’n rustige Maandagmiddag. Minki lê op haar maag in die skaduwee van die groot ou eikeboom in hulle tuin. Haar huiswerk is lankal kant en klaar, en sy het nie vanmiddag netbal of tennis nie.
Spaghetti lê langs Minki. Hy is vas aan die slaap. Kort-kort gee hy sulke fyn tjankies in sy slaap. Dalk jaag hy hase in sy drome.
Marmite is besig om voëltjies te bekruip op die grasperk.
Maar Minki weet skaars wat om haar aangaan. Sy lê met haar neus binne-in ’n boek. Sy kon vanmiddag nie wag om haar huiswerk klaar te doen sodat sy verder kon lees nie.

Skielik is daar ’n oorverdowende gebrul.
Wroemmm! Wroemmm!
Minki skrik so groot dat sy haar boek laat val. Spaghetti spring op en gee ’n verwoede knor. Marmite vlieg met ’n benoude miaau in die boom op.
Wroemmmmmmm!
’n Grommende groen gevaarte kom om die boom gejaag. Minki gryp net betyds haar boek uit die pad. Stukkies gras skiet in alle rigtings op.
“Max en Marko!” skree Minki omgekrap bo die lawaai. “Hou op!”
Die gebrul bedaar.
Minki se tweelingboeties kom nader gestap. Max hou ’n afstandbeheer vas.
“Mamma het gesê ons mag met ons monsterbakkie buite kom speel,” sê hy.
“Ons mag nie in die huis ry nie,” voeg Marko by. “Mamma sê dis ’n nuwe reël.”
Minki sug. Haar ouma en oupa het verlede week kom kuier. Hulle het vir die tweeling ’n radiobeheer-bakkie present gegee. Dit is ’n monsterbakkie met groot wiele en ’n krokodil-ontwerp.

Sy wat Minki is, het ’n geskenkbewys van die boekwinkel gekry. Haar ouma weet sy is lief vir lees. Die afgelope naweek het sy vir haar die volgende Boekbende-boek gaan koop. Die boek wat sy só graag vanmiddag klaar wil lees ...
“Gaan speel asseblief aan die ander kant van die tuin, julle twee,” pleit Minki. “Ek probeer my boek lees.”
“Gmf,” snork Max. “Hoekom gaan lees jy nie in jou kamer nie?”
“Ja,” sê Marko parmantig. “Mamma het nog nie ’n reël gemaak wat sê ons mag nie in die huis lees nie.”
Minki vou haar arms voor haar bors. “Oukei,” sê sy, “dan kan ek sommer vir Mamma gaan sê wat julle met haar nuwe lipstiffie gedoen het.”
Die tweeling kyk benoud vir mekaar. Minki sukkel om haar lag te hou. Laas week het sy hulle op heterdaad betrap waar hulle met haar ma se nuwe lipstiffie gespeel het. Hulle het klaar vir mekaar rooi hansworsneuse geverf, en hulle was op die punt om Spaghetti se neus ook rooi te verf. Die twee het so gepleit en gesmeek dat Minki ingestem het om nie vir haar ma te vertel wat hulle aangevang het nie.
“Oukei, ons sal iewers anders gaan speel,” brom Max.
“Ou klikkie,” mompel Marko.
Hulle tel die monsterbakkie op en stap weg.
Minki gaan lê weer op die gras en blaai deur die boek om haar plek te soek.
Die Boekbende-reeks is op die oomblik haar gunstelingboeke. Dit gaan oor drie meisies, Lizzie, Leah en Lerato, wat mekaar in ’n biblioteek ontmoet en beste maats word. Lizzie se ma is die bibliotekaresse, Leah is die snaakse een wat elke grappieboek in die biblioteek uit haar kop ken, en Lerato is superslim en wil eendag ’n speurder word. In elke boek beleef hulle allerhande ongelooflike avonture.
Net toe sy verder wil lees, kom daar ’n stem oor die tuinmuurtjie.
“Joehoe! Minki!”
Natalie se gesig verskyn bo die tuinmuurtjie en soos blits klouter sy bo-oor. Sy sê dit is tydmors om al die pad tot by Minki-hulle se tuinhekkie te stap as hulle reg langs mekaar bly. En die tuinmuurtjie is buitendien nie so hoog nie.
Natalie is nie alleen nie. Lara klim kort op haar hakke oor die muurtjie.

Minki glimlag en sit haar boek neer.
“Hallo, julle!”
Haar twee beste maats kom maak hulle in die skaduwee van die boom tuis. Hulle is natgesweet en lyk nogal moeg. Natalie het die hele middag ryles gehad. Sy en haar ponie, Fudge, oefen vir hulle volgende skou. Lara oefen weer op die oomblik kliphard vir haar groot danseksamen wat om die draai is.
“Ek gaan kry vir ons koeldrank!” sê Minki.
Sy draf huis toe.
Toe sy ’n oomblik later terugkom met drie glase yskoue koeldrank, is Natalie besig om vir Spaghetti ’n bal te gooi, en Lara sit met Marmite op haar skoot en streel die katjie se kop.
“Is jy reg vir Saterdag se eksamen, Lara?” vra Minki.
Lara glimlag breed. “Ek kan nie wag nie!” sê sy. “Juffrou Lesedi het vir my ’n fantastiese roetine vir die hiphop-afdeling uitgewerk.”
“Wys ons, toe!” sê Minki.
Lara lag. “Nee, man, nie hier op die gras nie. En ek kort musiek. Julle mag mos Saterdag kom kyk as ek dans.”
“Ag toe-e-e!” smeek Minki.
“Ja,” sê Natalie, “ons wil nie wag tot Saterdag nie.”
“Nou goed,” sê Lara.
Sy tel vir Marmite van haar skoot af en spring op. Sy gaan staan in die tuinpaadjie met haar arms langs haar sye en haar skouers terug. Dan gooi sy haar hare terug ... en haar kop begin ritmies knik asof sy na musiek luister wat niemand anders kan hoor nie. Skielik begin haar lyf beweeg asof sy ’n marionet is wat aan onsigbare toutjies hang.

“Wow!” fluister Natalie.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents