Minki se avontuurkamp
33 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Minki se avontuurkamp , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
33 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Minki en haar maats sien al weke lank uit na die skool se avontuurkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Boonop is daar allerhande lekker uitdagings waaraan hulle kan deelneem. Dit klink na vet pret! Maar Danika is vasbeslote om weer dinge vir Minki-hulle so goor as moontlik te maak. Sy besluit dat haar span as die Kampkampioene gekroon gaan word en dat niks in haar pad gaan staan nie. Nie eens al beteken dit sy moet vuil speel nie …


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 avril 2021
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250509
Langue Afrikaans

Informations légales : prix de location à la page 0,0239€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
Inpaklysie
“Slaapsak?”
“Jip!”
“Tandeborsel?”
“Jip!”
“Padkos?”

Minki grinnik. “Genoeg vir ’n netbalspan!”
Natalie en Lara lag.
“Ek dink jy het alles op jou inpaklysie, Minki,” sê Lara tevrede en gee die lysie vir Minki terug.
Dis ’n lekker sonnige middag. Die drie maats kuier onder die groot ou eikeboom in Minki-hulle se tuin. Vanmiddag gesels hulle net oor een ding – die skoolkamp wat môre begin!
Dit was Lara se idee dat hulle elkeen ’n lysie maak van alles wat in hulle rugsakke moet kom.
Lara hou van lysies maak en dinge haarfyn beplan.

Minki sit haar rugsak langs die tuintafeltjie neer en vat ’n sluk van haar koeldrank.
“Ek wens dit was al môreoggend!” sê Natalie. “Ek dink nie ek gaan vanaand ’n oog toemaak nie.”
Spaghetti blaf opgewonde. Dit lyk asof hy ook nie kan wag vir môre nie.
“Jammer, Spaghetti,” sê Minki en vryf oor sy kop. “Honde mag ongelukkig nie saamgaan op die kamp nie.”
Spaghetti gee ’n teleurgestelde tjankie, asof hy presies verstaan wat Minki sê.
Lara kyk bekommerd na Natalie. “Is jy seker jy het al die goed op jóú lysie ingepak?” vra sy. “Moet ons nie gou jou rugsak gaan haal en seker maak nie?”
Natalie bly reg langs Minki. As haar ma nie kyk nie, klouter sy sommer oor die muur wanneer sy kom kuier.
“Uhm ... ek is nie eens seker waar my lysie ís nie,” erken Natalie.
“Natalie!” sê Lara geskok.
Minki proes van die lag. Natalie hou glad nie van lysies maak en beplan nie.
“Ag, wat maak dit saak as ek my tandeborsel vergeet?” sê Natalie en trek haar skouers op. “Dis tog ’n kamp. Niemand gaan omgee as my asem elke oggend soos Spaghetti s’n ruik nie.”
Spaghetti spring op en lek Natalie se gesig.
“Jig!” roep sy uit. “Oukei, oukei, ek sal my tandeborsel onthou! Spaghetti, jou asem ruik aaklig.”
Minki bars uit van die lag. Daar is sommer so ’n lekker krieweling op haar maag. Hulle sien al weke lank uit na die skoolkamp. Hulle gaan in die bos kampeer, swem, kampvuuraande hou en in tente slaap. Dit klink na vet pret! Die bus vertrek môreoggend vroeg. En die beste deel is, hulle gaan twee hele dae se skool mis!
“Ek hoop nie Fudge gaan te veel na my verlang nie,” sê Natalie.
Fudge is Natalie se ponie. Natalie kry twee keer per week rylesse, en naweke boer sy omtrent by die ryskool.
“Gelukkig gaan ek nie ’n dansles misloop nie,” sê Lara. “Juffrou Lesedi het gesê ons kan my les volgende week inhaal.”
Lara neem al van kleuterskooldae af dansklasse. Eendag as sy groot is, wil sy ’n hiphop-danser of ’n ballerina word. Sy mis nooit ’n dansles nie.
Njarrr!
Spaghetti gee meteens ’n grom. Sy nekhare staan orent. Hy staar na die ry struike teen die tuinmuur.
Minki se hart begin vinniger klop. Dit lyk of die struike roer ...
Grootoog kyk sy na Natalie en Lara. Hulle lyk net so verbaas.
“W-wie’s daar?” vra Minki.
“Niemand!” antwoord twee stemme in ’n koor.
“Max en Marko!” raas Minki. “Kom uit daar!”
Haar tweelingboeties klouter tussen die struike uit. Minki kan nie help om te glimlag toe sy hulle sien nie. Die tweeling dra stapstewels, breërandhoede en rugsakke.
Oor Max se skouer is ’n visstok. Om Marko se nek hang ’n verkyker.
Spaghetti se stert swaai verlig. Hy gaan snuffel aan die tweeling se stewels.
Natalie giggel. “En waarheen is julle twee op pad?” vra sy.

“Ons loop weg!” sê Max. “Ons gaan kamp.”
“Iewers in ’n bos,” sê Marko. “Dis onregverdig dat julle op ’n kamp mag gaan.”
“Max! Marko!” Minki se ma kom uit die huis gestap. “Waar is julle?”
“Hier is hulle!” antwoord Minki. “Hulle gaan wegloop en alleen iewers in ’n bos kamp.”
Haar ma stap glimlaggend nader. Haar oë vonkel ondeund. “Wegloop?” vra sy. “Sjoe, dit is ’n fantastiese plan!”
Die tweeling kyk verbaas vir mekaar.
“Regtig?” vra Max.
“ Mag ons maar wegloop?” wil Marko weet.
Minki se ma knik. “Natuurlik. Dit klink vreeslik opwindend.” Sy frons. “So, sê my, wat gaan julle twee vanaand daar in die bos eet?”
“Ons gaan visvang!” sê Max. “Kyk, ek vat my visstok saam.”
“O,” sê hulle ma. “Ek dog julle twee eet nie vis nie.”
Minki sukkel om nie te lag nie. Natalie en Lara lyk ook dik van die lag.
Die twee seuntjies krap kop.
“Dis waar,” sê Max. “Ek HAAT vis.”
“Ek ook,” sê Marko. “Bleg.”
“Mmm,” sê hulle ma. “Dit kan dalk ’n probleem wees. Miskien moet ek vir julle worsrolletjies en frikkadelle maak.”
“Ja!” roep die tweeling gelyk uit.
Minki se ma knipoog ongemerk vir haar, Lara en Natalie.
“En waar gaan julle slaap?” vra sy vir die tweeling.
“In die bos, natuurlik,” sê Max.
“Ons vat ons slaapsakke saam,” sê Marko. Hy beduie trots na sy rugsak.
“Fantasties,” sê sy ma. “Ek hoop net dit reën nie. En ek hoop daar’s nie goggas in die bos nie.”
“Goggas?” Max snork.
“Ons is nie bang vir goggas nie!” sê Marko.
“Dis goeie nuus,” sê sy ma. “Want daar is natuurlik baie goggas in die bos. Julle weet, spinnekoppe, muskiete, oorkruipers ...”
“Oorkruipers?” Die tweeling se oë is so groot soos pierings. Hulle vat-vat aan hulle ore.

“Mmm,” sê hulle ma. “Miskien moet julle die tent leen. Dit sal die goggas buite hou.”
“Mag ons, Mamma?” roep die tweeling opgewonde uit. “Asseblief?”
Sy knik. “Ek dink dis ’n goeie plan.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents