Die 3 Van Ons
55 pages
English

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
55 pages
English

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed. Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 15 février 2021
Nombre de lectures 2
EAN13 9781776250332
Langue English
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0318€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Weggooigoed
“Hei, klop jy nie?” vra ek.
My sussie het die nare gewoonte om sommer by my kamer in te storm asof die hele huis aan haar behoort.
“Hei, lééf jy nie?” vra Lika en krap my hare speels deurmekaar. Sy gooi ’n klompie goed op my bed neer en bly staan – asof sy wag dat ek moet dankie sê. Toe ek nie reageer nie, kom sit sy langs my.
“Wat’s fout met jou, Jana? Dis die mooiste sonskyndag. Hoekom is jy nog in jou pajamas?”
“En hoekom gooi jy jou goed op my bed, Lika?” vra ek. Sy is reg oor die sonskyndag, maar dis die 26ste Desember. Daar’s geen rede waarom ek saam met die voëls hoef op te staan nie.
Die goed op my bed is alles geskenke wat Lika gister onder die Kersboom gekry het. Daar is ’n badsakkie van helder, geblomde plastiek, twee splinternuwe T-hemde met die etikette nog aan en ’n dik hardebandboek. Ek maak sommer gou die som. ’n Paar van Lika se bewonderaars het die afgelope week pakkies by ons huis kom aflewer. Dis duidelik uit die geskenke wat hulle gekies het dat nie een van daardie simpel ouens haar eintlik ken nie.
“Jy moet asseblief ophou om my kamer as jou asblik te gebruik,” kerm ek kamstig. Die waarheid is dat ek nie kan wag om als van naderby te bekyk nie. Ek het al die wonderlikste goed by Lika geërf omdat sy so ’n eko-frats is. Sy gebruik nie onherwinbare plastiek nie en sy dra nét tweedehandse klere.
“En jy moet ophou om die áárde as jou asblik te gebruik, my liewe sussie,” sê Lika en maak vir my groot oë. “Komaan, kyk of die T-hemde jou pas.”
Ek klim uit my bed, trek een van die T-hemde oor my kop en gaan staan voor die spieël. Toe begin ek giggel. My hele lyf skud. Op die babapienk T-hemp staan die woorde Cute but psycho in goue letters geskryf. Om die een of ander rede is dit nog snaakser in spieëlskrif.
“Wie het hierdie hemp vir jou gegee?” vra ek. Ek kan steeds nie ophou lag nie.
“Iemand wat my régtig nie verstaan nie.” Lika bloos ’n bietjie.
Kyk, my sussie is mooi. Dalk een van die mooiste sestienjariges in Johannesburg. Maar as harte borde was, was sy ’n Griekse restaurant op ’n Saterdagaand. Sy is ’n hartebreker van formaat. Cute but psycho beskryf haar eintlik perfek.
“Jy weet mos ek dra nie nuwe klere nie,” verduidelik sy onnodig, seker om haar verleentheid weg te steek. “Maar die feit dat 2 700 liter water nodig is om een van hierdie T-hemde te maak, pla jóú blykbaar nie.”
“Wat beteken dit nou eintlik? Die hele waterstorie?” vra ek terwyl ek voor die spieël in my nuwe hemp ronddraai. Ek is mal oor feite.
“Daai T-hemp is van katoen, Jana. Katoenplante het baie vog nodig. Amper 2 700 liter water is nodig om genoeg katoen vir een T-hemp te verbou.”
Ek staan stil en kyk na my weerkaatsing in die spieël. Die pienk T-hemp lyk so onskuldig. Wie sou nou kon dink dit is stil-stil besig om die aardbol uit te wis?
“Gaan jy die goed gebruik? Want as jy dit net onder jou bed gaan inskop, sal ek dit liewer vir ’n welsynsorganisasie gee,” sê Lika.
Partykeer klink sy wraggies nes ons ma.
Ek stap na my bed toe om na die ander geskenke te gaan kyk. Ek tel die boek op. Dis groot en dik, en op die kleurvolle voorblad is die titel in yslike blinkrooi letters gedruk: 1000 DINGE WAT JY WAARSKYNLIK NIE WEET NIE .
“Ek gaan dit gebruik,” sê ek en gee haar ’n drukkie. “Dankie, Lika.”



Feite oor jellievisse
Dis middagete en ek is darem al aangetrek. Ma kook nie vandag nie. Ons moet eers Kersdag se oorskietkos opeet. Ek skep vir my ’n enorme bak poeding met vla en gaan sit onder my gunsteling-koelteboom in die tuin.
Die boek wat ek by Lika gekry het, is so dik dat ek ’n klip moet gebruik om die linkerbladsye plat te druk terwyl ek lees. Ek probeer dit eers op my knieë balanseer maar besluit gou om liewer op my maag op die gras te lê.
Ek blaai dadelik na die bladsy met jellievis-feite. Ek het verlede week The thing about jellyfish gelees, en behalwe dat dit een van die mooiste boeke ooit is, het dit my nuuskierig gemaak oor dié vreemde gediertes.
Feite oor jellievisse 1. Jellievisse het nie ’n hart, longe of ’n brein nie. 2. Jellievisse kan hulleself kloon. 3. Jellievisse bestaan uit tussen 85% en 98% water. As hulle op die strand uitspoel, sal hulle feitlik verdwyn soos wat die water verdamp. 4. Jellievisse het soms super-lang tentakels, langer as 27 meter! Al is hulle tentakels so lank, koek dit nooit. Dit is omdat dit so glibberig is. 5. Sommige jellievisse het tande. Die “tande” is eintlik honderde rye haartjies waarmee die jellievis sy prooi verskeur en in sy maag intrek.
Die feite in die boek fassineer my so dat ek skoon van my poeding vergeet. Toe ek weer daarvan onthou, het die swart miertjies dit al ontdek en ’n hele mierkolonie daar begin. Ek gril ’n bietjie en stoot die bakkie poeding ’n entjie verder weg van my.
“Ja-naaaaaaa!” roep my ma van iewers in die huis.
Ek antwoord nie. Dis darem vrek lekker hier in die stil koelte van die wildevyeboom. Maar toe sy vir ’n derde keer roep, wen my gewete soos gewoonlik. Ek staan traag op, vee die gras van my denimkortbroek af en stap huis toe.
“Ag, my kind, wil jy nie saam met my na tannie Kitta toe stap nie?” vra Ma. “Sy wil hê ek moet haar hare kom kleur. Foeitog, sy’s seker maar lus vir ’n verandering.”
Ma is besig om hondekos in Hendrik se bak te skep. Ons optelhond staan in al sy swart glorie en wag, geruisloos soos ’n skaduwee. Hy’s seker die enigste hond op aarde wat nooit sy stert swaai nie.
“Oukei, Ma.” Ek stap kamer toe om my boek te bêre en my plakkies aan te trek. Dié tyd van die jaar is Melville se skroeiwarm teerstrate niemand se maat nie.


Hoe rooier, hoe mooier
Vandat ek kan onthou, woon tannie Kitta vier huise van ons af in Vierde Laan. Haar man is jare gelede al dood. Hulle het nooit kinders gehad nie, maar omdat sy ons buurt se dagmoeder is, is ons almal maar eintlik haar kinders. Ek kruip nou nog gereeld in haar spens weg as ek wil lees sonder om gepla te word.
Tannie Kitta is nou al ’n hele ruk lank siek. Báie siek. Die laaste drie maande het ek en Ma elke Vrydagmiddag na tannie Kitta se huis toe gegaan om haar hare te was. Sommer net daar in haar bed. Ma maak dan ’n skottel vol louwarm water en was die yl haarslierte terwyl ek vir tannie Kitta stukkies uit haar gunsteling-tydskrifte voorlees. Dan kan tannie Emily, wat haar gewoonlik oppas, ’n uur afvat.
“Ek sê vir tannie Kitta, a change is as good as a holiday.” My ma trek die tuinhekkie agter haar toe. Sy probeer vrolik klink, maar dis die soort vrolik wat ’n mens soos lipstiffie aansit. Vrolikheid wat hartseer moet wegsteek. Sy trek haar oë op skrefies en sit haar sonbril op.
Ons straat is vandag tjoepstil. Almal lê seker Kersfeeskos en afslaap.
Die eentonige deuntjie van die kombi wat roomys verkoop, kom oor die bedompige somerslug aangewaai. Soms is dit harder, en dan kwyn die klank weer.
“Watter kleur gaan Ma haar hare maak?” vra ek.
“Rooi,” sê Ma en glimlag vir my. Dan haak sy haar arm deur myne sodat ek kan byhou. Sy loop heeltemal te vinnig vir my.
“Dit sal mooi lyk,” sê ek.
Tannie Kitta se vierkantige geel huis lyk vandag vir my anders as gewoonlik. Dit lyk hartseer. Die plante in die konfytblikke op die stoep lyk moeg en die gras in die klein voortuin is lank laas gesny. Ma lui die klokkie en sekondes later hoor ons voetstappe wat naderkom op die houtvloer. Die deur swaai oop.
“Aubatho!” sê tannie Emily toe sy ons sien. “Dankie tog julle is hier. Vandag is moeilik. Eish, sy het skaars krag vir praat. Kom in.”
Tannie Emily stap nie soos gewoonlik dadelik stoep toe om te gaan rook nie. Sy gaan saam met ons by tannie Kitta se slaapkamer in en gaan sit op ’n stoel langs die bed. Tannie Kitta groet ons skaars. Sy draai net haar kop na ons toe sodat ons vir haar versigtige drukkies kan gee. Elke week lyk sy vir my maerder.
Terwyl Ma besig is om die haarkleursel te meng, kies ek ’n tydskrif uit die mandjie op die vloer en gaan sit aan die voetenent van die bed.
“Wat moet ek vandag vir Tannie lees?” vra ek. “Skinderstories oor filmsterre? Randrekker-resepte?”
“Ag, net wat jy wil, my kind,” sê sy sag en waai een hand swakkerig in my rigting. Tannie Kitta, wat met soveel liefde vir ons gesorg het, word nou deur óns versorg. Ek kry seer om haar so te sien, en sluk hard aan die vreemde knop in my keel.
Ek begin lusteloos deur die tydskrif blaai en kyk nou en dan op om te sien wat Ma doen. Sy het begin om ’n vreemde mengsel uit ’n plastiekbottel net so op tannie Kitta se vuil hare te verf. Tannie Kitta lê met haar oë toe. Dit lyk amper asof sy aan die slaap geraak het. Tannie Emily het ook steeds nie opgestaan nie.
In die middel van ’n artikel oor Kim Kardashian se kurwes, hoor ek flou geluidjies van die kussing se kant af. Tannie Kitta wys na die haarkleursel en sê vir Ma: “Daar’s nog meer as die helfte oor. Moet dit nie mors nie, Marinda.” Haar hare is so dun en min dat dit skaars ’n duik in die bottel gemaak het nadat Ma haar hele kop met die dieprooi kleurskuim geverf het.
Ma kyk na my en ek laat sak die tydskrif .
“Ek wou nog altyd rooi hare hê,” sê sy en knipoog vir my. “Kom, Jana, vandag verander ons my in ’n vurige rooikop. Wat sê jy?”


Die lys van eerstes
Terwyl ons wag dat die haarkleur werk, stuur Ma my kombuis toe om vir ons iets kouds te kry om te drink. Tannie Kitta se kombuis lyk deesdae baie anders as voorheen. Waar daar altyd groot glasflesse met fizzers, Zoo-koekies en beskuit op die toonbank gestaan het, is daar nou net ’n skinkbord vol medisynebotteltjies van alle groottes en vorms. Dit lyk nie meer soos ’n kombuis nie; eerder soos ’n apteek. Daar is seker nie plek vir kos in tannie Kitta se maag nadat sy so baie pille gedrink het nie. G’n wonder sy het so maer geword nie.
Ek hou my asem ’n rukkie op voordat ek die yskasdeur oopmaak

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents