South African Language Rights Monitor 2011 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2011
262 pages
English

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

South African Language Rights Monitor 2011 / Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2011 , livre ebook

-

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
262 pages
English
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

The SALRM 2011 provides a rich source of information on a range of language-related subjects. A prominent issue remains the changing of street and place names, including the Pretoria/Tshwane and Louis Trichardt/Makhado sagas. Language in education remains a thorny issue; as medium of instruction at school and tertiary level, and the proposal that passing an African language should be a requirement in order to obtain a tertiary degree in South Africa. In terms of language legislation, the draft version of the National Language Act was proposed. The language of record in courts also received attention in the media.

Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 05 janvier 2016
Nombre de lectures 0
EAN13 9781920382759
Langue English
Poids de l'ouvrage 1 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,1000€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

SUIDAFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2011
SATRM 2011
Reeksredakteur: Theodorus du Plessis
Samestellers: Johan Lubbe en Theodorus du Plessis Eenheid vir Taalfasilitering en bemagtiging Universiteit van die Vrystaat Bloemfontein 2015
Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2011
Uitgegee deur Sun Media Bloemfontein (Pty) Ltd.
Druknaam: SunBonani Scholar
Alle regte voorbehou
Kopiereg © 2015 Sun Media Bloemfontein en die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging, Universiteit van die Vrystaat
Hierdie publikasie is deur die uitgewer aan ’n onafhanklike dubbel-blinde portuurevaluering onderwerp.
Die skrywers en die uitgewer het alles moontlik gedoen om kopieregtoestemming te verkry vir die gebruik van derdepartyinhoud en om sodanige gebruik te erken. Rig alle navrae aan die uitgewer.
Geen gedeelte van hierdie boek mag sonder die skriftelike verlof van die uitgewer gereproduseer of in enige vorm deur enige elektroniese, fotografiese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat-, band- of laserskyfopname, mikroverfilming, via die Internet of e-pos of enige ander stelsel van inligtingsbewaring of -ontsluiting.
Menings in hierdie publikasie weerspieël nie noodwendig dié van die uitgewer nie.
Eerste uitgawe 2015
ISBN: 978-1-920382-74-2 ISBN: 978-1-920382-74-9 (e-boek) DOI: https://doi.org/10.18820/9781920382749
Geset in Constantia 11/14 pt Bandontwerp, bladuitleg en produksie deur Sun Media Bloemfontein
Navorsing en akademiese werke word onder hierdie druknaam in druk en elektroniese formaat uitgegee.
Engelse vertaling deur ETFB
Hierdie publikasie kan bestel word by: media@sunbonani.co.za Die e-boek is beskikbaar by: https://doi.org/10.18820/9781920382749
Vorige uitgawes Lubbe, Johan, Theodorus du Plessis, Elbie Truter & Chris Wiegand. 2011.South African Language Rights Monitor2002. Bloemfontein: SUN PReSS. Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011.South African Language Rights Monitor2003. Bloemfontein: SUN PReSS. Lubbe, Johan, Elbie Truter & Theodorus du Plessis. 2011.South African Language Rights Monitor 2004. Bloemfontein: SUN PReSS. Lombaard, Susan, Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2011.South African Language Rights Monitor 2005. Bloemfontein: SUN PReSS. Kriel, Mariana. 2010.South African Language Rights Monitor 2006. Bloemfontein: SUN PReSS. Kriel, Mariana. 2010.South African Language Rights Monitor 2007. Bloemfontein: SUN PReSS. Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2012.Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor 2008. Bloemfontein: SUN PReSS. Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2013.Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor2009. Bloemfontein: SUN PReSS. Johan Lubbe & Theodorus du Plessis. 2014.Suid-Afrikaanse Taalregtemonitor2010. Bloemfontein: SUN PReSS.
Hierdie reeks word moontlik gemaak deur 'n înansiële bydrae van die ATKV. Die ATKV ondersteun die SATRM-projek se objektiewe navorsing wat die taalregtesituasie in Suid-Afrika betref.
Inhoudsopgawe
Voorwoord ......................................................................................................... i 1. Inleiding ...................................................................................................... 1 2. Navorsingsontwerp en -metodologie ........................................................ 1 2.1 Taalverspreiding van mediarekords ..................................................................... 3 2.2 Tipes mediarekords ............................................................................................... 5 2.3 Ander bronne ......................................................................................................... 6
3. Mediadekking van taalkwessies gedurende 2011 ..................................... 6 3.1 Fokus op taalprobleme .......................................................................................... 9 3.1.1 Taalprobleme in amptelike taalgebruiksdomeine .................................. 10 3.1.2 Taalprobleme in nie-amptelike taalgebruiksdomeine ........................... 35 3.2 Naamsverandering as taalprobleem ................................................................... 38 3.2.1 Name gereguleer deur die SARGN ........................................................... 38 3.2.2 Name gereguleer deur munisipale owerhede en provinsiale wetgewers50 3.2.3 Name gereguleer deur diverse instansies ............................................... 60 3.2.4 Handelsname ............................................................................................ 62 3.2.5 Slotsom ...................................................................................................... 63 3.3 Fokus op taalbevordering .................................................................................... 64 3.3.1 Amptelike en institusionele taalbevordering ......................................... 65 3.3.2 Drukgroep en individuele taalbevordering ............................................. 73 3.3.3 Slotsom .................................................................................................... 103
4. Taalverwante klagtes by amptelike liggame ingedien .......................... 104 4.1 Klagtes by Pansat ingedien ................................................................................ 104 4.2 Klagtes by ander liggame ingedien ................................................................... 107 4.2.1 Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie ........................ 107 4.2.2 Metal and Engineering Bargaining Council ......................................... 107 4.3 Uitsaaiklagtekommissie van Suid-Afrika .......................................................... 107 4.3.1 Haatspraak .............................................................................................. 107 4.3.2 Aanstootlike taal ..................................................................................... 108
5. Taallitigasie ............................................................................................. 109 5.1 Gelykheidshof ..................................................................................................... 109 5.2 Nienakoming van taalbepaling. ........................................................................... 111 5.3 Litigasie wat met naamsverandering verband hou ........................................... 112
6. Taalaktivisme soos in die media gedek .................................................. 113 7. ’n Slotblik ................................................................................................. 115 8. Bibliograîe............................................................................................... 117 Boeke en artikels ............................................................................................ 117 Amptelike beslissings en regspraak .............................................................. 118 Ander .............................................................................................................. 118
Voorwoord DieSuid-Afrikaanse Taalregtemonitor (SATRM)’n jaarlikse verslag wat is gepubliseer word deur die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging oor die stand van taalsake, en taalregte in die besonder, in Suid-Afrika, hoofsaaklik soos dit in die gedrukte media gereekteer word. Die publikasie van jaarlikse verslae oor taalregte-aangeleenthede deur die Canadian Commissioner of Ocial Languages (http:www.ocolclo.gc.ca/html/indexe.php) het as oorspronklike aanleiding vir die taalregtemoniteringsprojek aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gedien. Die eerste verslag het 2002 gedek (Lubbeet al. 2011), en daarom isSATRM 2011 reeds die tiende verslag. Die verslae vir die jare 2002 tot 2007 het almal in Engels verskyn, terwyl die verslae vir die jare sedert 2008 tweetalig (Afrikaans-Engels) is.
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor prof. Johan Lubbe vir sy leeueaandeel in die saamstel van die jaarlikseMonitor. Uiteraard kan ons ook nie die verslae produseer sonder SA MeDIA se verskang van koerantrekords nie en waardeer ons ook die professionele hulp wat ons deurlopend van vakkundige beamptes in ons universiteitsbiblioteek ontvang. Dan moet ek ook erkenning gee aan verskeie assistente wat meewerk om die verslae moontlik te maak; wat die 2011-uitgawe betref, spesiîek Chrismi-Rinda Loth, Jeanne-Leanne Smit en Joan-Marié Steenkamp.
Ook my besondere dankbetuiging aan sowel die ETFB vir die ruim înansiële ondersteuning as die borgskap van die ATKV, wat sedert die 2009-uitgawe aan boord gekom het.
Hierdie is die laaste uitgawe van ons jaarlikse Monitor. Die sluiting van SA Media aan die Universiteit van die Vrystaat teen die einde van 2014 het meegebring dat ons slegs teen aansienlik hoër koste steeds ‘n jaarlikse verslag sou kon uitbring. Gesien ons beperkte begroting, was ons verplig om die werk nou reeds te staak. Ons kan egter aankondig dat die Taalregtemonitor wel sal bly voortleef in die vorm van ons fokusverslae in die reeks, waarvan die eerste vanjaar verskyn het, naamlik Kaapstad se “Streetgate” – Politieke maneuvers en die Peter Marais debakel (1999-2002)deur Johan C. Moll (SUN PRESS, 2014). Ons hoop om so gereeld as moontlik verdere indieptestudies oor aktuele vraagstukke in die toekoms die lig te laat sien. L.T. du Plessis (Redakteur) Bloemfontein April 2014
i
SUID-AFRIKAANSE TAALREGTEMONITOR 2011
1. Inleiding ’n Deurlopende tema wat in besprekings van nasionale knelpunte oor die algemeen na vore tree, is die onbevredigende, selfs skokkende, toestande in veral die Suid-Afrikaanse skolestelsel. Dat hierdie kritiek geregverdig is, word bevestig deur ’n peiling van die Amerikaanse nuustydskrifNewsweekin 2010 wat die Suid-Afrikaanse skolestelsel as die vierde swakste uit 100 lande geplaas het. Hoewel daar gewis veel oorsake vir die stand van sake aangevoer kan word, onder meer armoede, historiese agterstande en ’n gebrek aan ’n leer- en leeskultuur, speel ook die amptelike taalbeleid ’n belangrike rol. Hoewel die belang van moedertaalonderrig algemeen erken word, is die bepalings daaromtrent die afgelope 15 jaar drie keer verander. Die nuwe Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) wat in 2010 aangekondig is en wat in 2012 in werking tree, behels dat die taal wat ’n leerling as medium van onderrig kies reeds vanaf graad 1 as ’n vak of as ’n eerste addisionele taal onderrig sal word. Behalwe vir Afrikaanssprekendes, kies die meeste ouers Engels as onderrigtaal vir hulle kinders, en is die jongste wysiging ’n verdere voorbeeld van die Regering se lou, selfs negatiewe houding teenoor die uitbou van meertaligheid. Hierdie houding blyk ook duidelik uit die Regering se hantering van die hoevel wat op 16 Maart 2010 gelewer is en waarvolgens die Regering onder meer beveel is om voor Maart 2012 ’n taalwet te aanvaar in navolging van die vereistes van artikel 6 van die Grondwet. Eers in November 2011 is die Wetsontwerp op Suid-Afrikaanse tale in die Parlement ter tafel gelê, ’n wetsontwerp wat nie aan die verwagtinge voldoen het nie (vgl. later par. 3.1.1.3). Veral die Afrikaanse gemeenskap met hul sterk taalbewussyn tree aktief op om hulle taalregte te beskerm en taaldomein uit te bou. In die proses inspireer hulle nie net deur hulle voorbeeld ander taalbenadeelde Suid-Afrikaners nie, maar betrek hulle ook daadwerklik. Hierdie taaldinamika, soos in die Monitor beskryf, help om taalpessimisme teen te werk.
2. Navorsingsontwerp en -metodologie Soos ook in die geval van al die vorige Monitors is data hoofsaaklik van die SA Media koerantknipsel-databasis aan die UV verkry. Aangesien SA Media geen toegang 1 tot publikasies in ’n Bantoetaal het nie, is met behulp van ’n Zoeloesprekende assistent vir die Monitors van 2007, 2008 en 2009 die ZoeloepublikasiesIlangaen
1 “Bantoetaal” is die linguisties korrekte term waaraan voorkeur verleen word bo die meer algemene “Afrikataal”.
1
  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents