La lecture à portée de main
Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage
Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement
Je m'inscrisDécouvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement
Je m'inscrisVous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage
Description
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om dié opwindende reis mee aan te pak! Dié nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het ’n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, ’n knorrige krokodil en ’n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip.
Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy sê een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. “My kinders het grootgeword met stories – van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder ’n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou ’n leesreeks skryf wat vir lesers – en ouers! – ’n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Sujets
Informations
Publié par | Pan Macmillan South Africa |
Date de parution | 28 janvier 2022 |
Nombre de lectures | 0 |
EAN13 | 9781776250950 |
Langue | Afrikaans |
Poids de l'ouvrage | 1 Mo |
Informations légales : prix de location à la page 0,0091€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.
Extrait
Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za
Uitgegee in 2022
deur Pan Macmillan Suid Afrika
Privaat Sak X19
Northlands
Johannesburg
2116
Teks © 2022 Jaco Jacobs
Illustrasies © 2022 Nadia du Plessis
Uitleg en letterwerk deur Nadia du Plessis, Bvbblegvm Studio
EBoek geskep deur Full Circle
marike@fullcircle.co.za
ISBN 978-1-77625-094-3
e-ISBN 978-1-77625-095-0
Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek
mag op enige wyse gereproduseer word sonder
die skriftelike toestemming van die uitgewer nie.