Nicole en Appelliefie
34 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris

Découvre YouScribe en t'inscrivant gratuitement

Je m'inscris
Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus
34 pages
Afrikaans

Vous pourrez modifier la taille du texte de cet ouvrage

Obtenez un accès à la bibliothèque pour le consulter en ligne
En savoir plus

Description

Nicole en Pappa is mal oor hulle nuwe buurt en hulle het reeds ‘n klomp vriende gemaak. Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin, tannie Bets met die poedels, die Masango-gesin met die twee klein dogtertjies, mevrou Carboni en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar, die veearts en haar ontvangsdame, Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy toe skool neem.

Maar Nicole het steeds nie ’n maat van haar eie ouderdom nie. Iemand wat sy haar BESTE maat kan noem. Dan kom Zintle huis toe vir die skoolvakansie. Sy woon oorkant Nicole-hulle en al is sy blind, is sy baie onafhanklik en groot pret. Saam bou die twee maats vir Appelliefie ’n dam, maar hulle kry stry wanneer Nicole vir Zintle met alles probeer help, selfs met die dinge wat sy self kan doen. Asof dit nie genoeg is nie, is daar ook ’n droogte in Kaapstad. Hoe op aarde gaan hulle genoeg water kry om die dam vol te maak? Gelukkig is daar altyd hulp in ’n buurt soos hulle s’n …


Sujets

Informations

Publié par
Date de parution 01 juin 2020
Nombre de lectures 0
EAN13 9781776250233
Langue Afrikaans
Poids de l'ouvrage 2 Mo

Informations légales : prix de location à la page 0,0200€. Cette information est donnée uniquement à titre indicatif conformément à la législation en vigueur.

Extrait

Pan Macmillan Kinderboeke
www.panmacmillan.co.za


Hoofstuk 1
Skoolvakansie
Dis nog skemer toe Nicole wakker word. Sy wonder wat haar skoolmaats op die eerste dag van die vakansie doen.
Vandat sy en Pappa in die huis met die blou voordeur bly, het hulle ’n klomp nuwe vriende gekry. Nicole tel op haar vingers.
Daar is oom Samsodien met die mooi roostuin en tannie Bets met die twee poedels.
Die Masango-familie met die twee dogtertjies.
Mevrou Carboni met die mooi sonhoede en die swembad, en haar kleinseun Luca met sy rekenaar en kitaar.
Die veearts en haar ontvangsdame.
Simon in die rolstoel, en die busbestuurder wat elke dag vir Simon na sy skool neem.
Nou kort sy nog net ’n lekker maatjie van haar eie ouderdom om mee te speel. Luca is al in die hoërskool en die Masango-dogtertjies is nog in die kleuterskool.

Net toe Nicole wil omdraai om nog ’n bietjie te slaap, fladder Appelliefie woerts! op die bed.
“Pappa, het jy die agterdeur oopgelos?” roep Nicole.
Dis doodstil in die res van die huis. Al wat Nicole hoor, is Appelliefie se sagte voetstappe op die lappieskombers.
“Agge nee, Appelliefie,” sê Nicole toe sy voel hoe Appelliefie se plat voetjies op haar rug trap. Sy weet sommer wat kom ... Die volgende oomblik steek Appelliefie haar snawel oor Nicole se skouer en knibbel aan haar oor.
“Dis kielierig!” lag Nicole en probeer keer. Maar Appelliefie laat haar nie afsit nie. Dis haar manier om te sê: “Staan nou op. Ek is honger!”

Appelliefie hou eers op toe Nicole opstaan. Sy fladder haar vlerke tevrede.
Nicole tel die gansie op en stap kombuis toe. Voordat sy vir Appelliefie op ’n stoel neersit, vryf sy eers haar wang teen die gansie s’n.
Appelliefie maak haar oë toe.
Nicole maak haar oë ook toe.
Albei weet vandag gaan ’n goeie dag wees.

  • Univers Univers
  • Ebooks Ebooks
  • Livres audio Livres audio
  • Presse Presse
  • Podcasts Podcasts
  • BD BD
  • Documents Documents